Welcome, Guest
Please Login or Register.    Lost Password?

SA Flights: Geskiedenis
(2 viewing) Frits, (1) Guest
Go to bottomPage: 1
TOPIC: SA Flights: Geskiedenis
#64
SA Flights: Geskiedenis 6 Months ago Karma: 15
SA Flights: Geskiedenis:

Ons Multiplayer vlugte kom al 'n lang pad en het reeds in 1998 begin met Gerald Smith [ ons vroeë pionier] se FlySa Vlugte waar ons sowat 220 vlugte tot in 2002 gevlieg het. Met die begin van die SA Flightboard het ons weer voor begin en ons staan nou reeds op meer as 600 vlugte, vlugte altesaam! Dit is slegs die informele Vrydagaand en Donderdagaand vlugte. Daarby is nie eens die ATC en ander vlugte wat op die ingewing van die oomblik geskied, getel nie!


Aan elkeen wat sy bydrae lewer is ons dank verskuldig, selfs die persone wat slegs aan ons vlugte deelneem waarvan ons nooit hoor nie. Elkeen se teenwoordigheid is nodig om Flight Simulator te bevorder en van ons vlugte 'n sukses te maak. Dan is daar ook van ons mense wat om verskeie redes dit nie moontlik vind om saam met ons te vlieg nie, maar belangstel en versoek dat al die nuus aan hulle gestuur moet word! Hulle kan nou die Flightonline webblad besoek en al die tersaaklike inligting kry. Ons bedryf 'n skoon en leersame "tydvedryf" wat iets aan elkeen bied, waar sy belanstelling ook al mag wees. Ons dink hier aan Microsoft wat die basis bied vir dit waarop ons voortbou soos die ontwerp van 'scenery', vliegtuie, programme, ens. Dit is die mense wat baie opoffer om aan ons te gee wat ons kan beleef en geniet. Hier dink ons veral, [ek gaan nie name noem nie] aan hulle wat goed en bloed opoffer om GRATIS [freeware] aan ons die beste kwaliteit scenery met die hoogste "frame rates" van Suid Afrika te gee wat beskikbaar is!

Hier moet tog een uitsondering gemaak word nl. Johan van Wyk wat aan die hoof van ons SA scenery [Aeroworx] staan. Hy en sy medewerkers se groot bydrae deur die jare met die hoogste kwaliteit scenery het gehelp om Flightsim in Suid Afrika te bring waar ons vandag is. Sedert FS98 was hy die spil waarom alles gedraai het en hy is dit vandag nog steeds, waar hy die bydraes van al sy getroue medehelpers kombineer!

Met die koms vam FSX het 'n nuwe 'freeware' groep [Trieng Trieng] by ons aangesluit wat 'n uitstekende bydrae lewer tot ons FSX scenery. Hier noem ons die name van Frits Beyer en Jacques Botha.

Ons is dikwels skuldig daaraan dat ons nie waardering uitspreek teenoor hierdie persone, wat in baie gevalle slegs kritiek ontvang indien daar êrens 'n probleem is. Ek glo, al sê ons dit nie elke dag nie, dat almal baie waardering het vir dit wat ons gratis kan gebruik en geniet!

In die begin het ons Flight Simulator se Multiplayer opsie met IP Nommers gebruik wat ons dan op die Internasionale Flightboard [Trade IP] geplaas het. Daar kon ons ook by enige ander vlug aansluit en enigiemand kon ook by ons inskakel. Hier het ons soms probleme gehad met ongewenste persone wat soms by ons aangesluit het en ook mense wat wou saamvlieg wat nie ons SA scenery gehad het nie. Dit het ons vlugte en kommunikasie baie ontwrig. Op daardie stadium het ons nog net van die "Chat Window" gebruik gemaak.

Ons het toe besluit om op ons eie te gaan en het die IP Nommers voor elke vlug aan almal op ons adreslys, per E-Pos gestuur. Ook hier het probleme ontstaan omdat die E-Pos in sommige gevalle eers die volgende dag by die bestemming uitgekom het. Dit het soms groot frustrasie veroorsaak, maar gelukkig het ‘n vriend van die flightsimgemeenskap, Frans Brewis [Bestuurder van ATTI - Advanced Technical Training Institude] ons probleem raakgesien en besluit om ons eie SA Flightbord te borg. Jacques Walters het Flightboard ontwerp met die logo deur Christo Steyn. Dit het baie probleme uitgeskakel. Ook aan hierdie borge van ons is ons baie verskuldig. Flightbord het dinge vir ons baie maklik gemaak en was tot enigeen se beskikking wat 'n vlug wou plaas.

Intussen het ons "Roger Wilco" vir ons kommunikasie begin gebruik, wat ook 'n groot stap vorentoe was, maar later het hierdie program ook verouder en kon dit nie meer aan ons eise voldoen nie.

Nog 'n stap vorentoe was toe ons FSHost begin gebruik het. Dit het die las op die persoon se rekenaar wat die vlugte "host" verminder, maar ook dit het mettertyd probleme begin oplewer met "disconnections" toe met FS2004 begin is, wat al hoe meer eise aan 'n reeds ingewikkelde stelsel begin stel het. Ons moet onthou dat al die data van 'n deelnemer [naam, koordinate, tipe vliegtuie, ens., ens.] voortdurend baie kere per sekonde heen en weer tussen al die die deelnemers gestuur word. Dit stel baie hoë eise aan die modem en kommunikasiestelsel en moes noodwendig probleme veroorsaak met ons beperkte bandwyte.

Globalsim met Squawkwin en Teamspeak was die volgende stap en het 'n nuwe era en belangstelling in ons 'multiplayer' vlugte gebring. Squawkwin moes egter nou weer plek maak vir FSInn, wat weereens ‘n groot verbetering is met al sy funksies.

Met Flightsimulator kan elkeen wat nie die geleentheid het om werklik te vlieg nie feitlik alles leer en ervaar wat in werklike vliegomstandighede plaasvind. Navigasie, ATC, ens. is deel hiervan en daarby kan met enige vliegtuig van jou keuse gevlieg word. 'n Groot voordeel is dat dit jou net 'n goeie rekenaar kos en met 'n vliegongeluk, "restart" jy net sonder enige koste of beserings daaraan verbonde!
Daarby leer jy mense ken en het jy later 'n besondere vriendekring met wie jy gesels en saamkuier in die gemak van jou eie huis en onder alle weersomstandighede! Dit is waarom dit gaan: ‘n wonderlike leersame tydverdryf waar wonderlike mense jou vriende word!

'n Baie groot voordeel van Flightsim is dat dit iets bied aan elkeeen wat in vlieg belangstel. Ontwerp van scenery, vliegtuie, toepaslike programme, ens. Sommige van ons neem dinge baie ernstig op met ATC, spraakprosedures, navigasie, kompetisies, ens. terwyl ander net die mooi scenery en vliegtuie wil geniet en meer van aardrykskunde en die wêreld wil leer.

Uiteindelik het “Flightonline” ons eie webblad die lig gesien geïnisieer deur ons borg Frans Brewis wat as amateur in sy baie beperkte vrye tyd die webblad opgestel het. Hy is self nie ‘n flightsimmer nie, maar het nogtans nie die moeite en koste ontsien om dit vir ons te borg nie. Ons waardeer sy betrokkenheid sedert 2002!

ZS PGR
futura
Administrator
Posts: 41
graphgraph
User Offline Click here to see the profile of this user
The administrator has disabled public write access.
 
Go to topPage: 1